WELKOM BY DECTRA

Nywerheidsontwikkeling sowel as toerisme is belangrik vir Suid Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering se beleidsdokument, IPAP, gee erkenning hieraan.

Die Departement van Handel en Nywerheid se hulpprogramme sluit aan by die beleidsraamwerk soos vervat in IPAP en probeer ontwikkeling en groei stimuleer met behulp van die subsidies, toelae, lenings en aandeelhouersfondse wat hulle aanbied.

Dectra is ‘n konsultasiefirma wat  firmas help om die hulp wat aangebied word te bekom. Ons kliente kontrakteer ons om die proses vir hulle te fasiliteer.

Ons firma is op 1 September 1989 gestig en is gebaseer in Parow, Kaapstad. Ons dienste is nasionaal beskikbaar en ons maak van assosiate gebruik in gebiede ver weg van ons basis.

JONGSTE NUUS

6 Febuary 2012: Dectra buys out Gauteng based competitor.

It is with great excitement that we announce our recent acquisition of the business of Versatex-Invesco in Pretoria.
Lees verder...

 
Level 4 BEE Certified 100% Recognition  

Dectra word eenkeer per jaar geevalueer en ‘n kopie van ons sertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

ICA - Icentive Consultants Association Member  

Die ICA is 'n vrywillige vereniging wat hulle beywer vir goeie etiese- en kwaliteitstandaarde van hul lede, asook vir die bevordering van kommunikasie en goeie werksverhoudings met die Departement van Handel en Nywerheid. Dectra is 'n stigterslid van die ICA.

www.incentiveconsultants.co.za

SABS - ISO 9001  

Ons kliënte vertrou ons met waardevolle transaksies en het die versekering nodig dat ons oor die beste kundigheid asook goeie interne beheerstelsels beskik. Ons gesertifiseerde ISO 9001 kwaliteitsbestuurstelsel verskaf daardie versekering.

www.sabs.co.za