ONS BENADERING
Ons kliënt se besluit om winste te verhoog deur te belê in 'n nuwe projek word beïnvloed deur die beskikbaarheid van hulp van die regering. Dis onmoontlik om met sekerheid te voorspel of hy dit sal ontvang, omdat byna alle aansporings eers uitbetaal word nadat die belegging gemaak is en dan ook slegs indien die projek seker prestasievereistes kon haal. Dit is hier waar Dectra se diens begin.
Ons eerste stap is ‘n vergadering tussen ons tegniese- en bemarkingsdirekteur en die kliënt, om die projek te evalueer teen die reëls van die betrokke aansporingsprogram. Sy bevindinge en opinie word skriftelik bevestig en sluit advies in oor hoe om die projek te struktureer om sukses met die skenkingsaansoek te behaal. In hierdie stadium word geen verpligting op die kliënt geplaas om van ons dienste gebruik te maak nie.
Indien Dectra aangestel word, gaan ons oor tot stap twee, die beplanning van tydlyne vir die voltooiing van die aansoek, toedeel van verantwoordelikhede en die insameling van inligting wat ons nodig het om die aansoek op te stel.
Die sukses van stap drie, die eis van die skenking, hang daarvan af of ons kliënt die prestasievereistes en ander voorwaardes soos aangedui in die goedkeuringsbrief van Die Departement, kan haal. Dectra staan kliente by, monitor hulle vordering en verskaf skriftelike evaluasies van belangrike kwessies.
Ons taak is voltooi wanneer ons kliënt die skenking of toelae ontvang het.
Ons mikpunt is dat kliente die waarde moet kry waarvoor hulle ons betaal. Dit is moontlik om die sukses van ons diens te meet en dit stel ons in staat om die rekening op ‘n suksesbasis te hef.



